80ste Oscar-toekenningsaand

  80ste Oscar-toekenningsaand 

Datum 24 Februarie 2008
Plek Kodak-teater, Los Angeles
Aanbieder Jon Stewart
Pryse & benoemings
Beste rolprent  No Country for Old Men
Meeste pryse  No Country for Old Men (4)
Meeste benoemings  No Country for Old Men en There Will Be Blood (8 elk)

Die 80ste Oscar-toekenningsaand is op 24 Februarie 2008 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Hollywood gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 2007. Jon Stewart was die aanbieder.

No Country for Old Men het die meeste Oscars gewen (vier), onder meer vir beste prent en regisseur. Ander wenners sluit in The Bourne Ultimatum (drie) en La Vie en Rose en There Will Be Blood (twee elk).


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search